Monday 5 September 2011

Tour de France: helde bestaan nog

(utreksel uit brief aan 'n vriend)
“....Gelukkig het ek iets hier in Vlaanderen ontdek wat my in Julie altyd boei, en aflei, nl de Toer! Hier in Vlaanderen praat niemand van die Tour de France nie, net “de Toer”, en iedereen weet sommer! Ek dink dit is omdat 2 aspekte oor sport my altyd geboei het nl. die stryd om bo jouself uit te styg en die soms-nobilitiet wat dit kan meebring. Tov die eerste punt kan ek jou soveel verhale vertel van die 'afzien', (suffering) wat fietsers (of wat is die juiste Afrikaanse woord vir 'n racing cyclist?) hulleself laat ondergaan (ja, en ten spyte van al die vroeere doping) net om deel te kan neem, en miskien verder te bou, aan die mite van die Toer.
En hulle deursettingsvermoe, wow, ek dink aan Johnny Hoogerland , 'n Nederelandse fietser, en 'n Spaanse ryer, Fletcha, wat 'n paar dae gelede deur een van die tv- autos van hulle fietse tydens die 9de etappe (ronde) van Issoire na Saint-Flour gewoon van hulle fietse gestamp is! Sien bv die fotos wat die pyn en opoffering toon in hierdie jaar se Toer: Daar is ook orals video clips van die ongeluk waaarin Johnny en http://www.telegraph.co.uk/sport/othersports/cycling/picturegalleries/8629864/Tour-de-France-2011-crashes-and-smashes-in-pictures.


Jy sou dink dat hy na 33 steken in sy liggaam sou stop, niks van, hy het gister net weer verder gegaan omdat hy die 'bolletjestrui' (die trui vir die voorloper van die bergklassement- daar is die geel trui vir die algemene klassement, wat Armstrong 7 keer gewen het, dan die groen trui vir die meeste punte, en dan die bolletjestrui -dis 'n wit trui met rooi balletjies op) wat hy daardie dag gewen het, nie wou verloor nie, wel wetend dat agv sy beseringe hy absoluut geen kans sou hê om die gesogte bolletjestrui verder te behou nie.

Dit is wat ek kan waardeer in die manne, die eenvoudige nobiliteit-(ek weet, daar is natuurlik die kwessie van verdowingsmiddels en doping, maar nogtans).Iets wat ons nog so vaagweg kan herken in die oerwoud van self-serving, oppervlakkige, die me-me-me-me-generation, die stomme idiote wat hulle 15 min se glorie absoluut wil verleng tot 1 uur, om tog maar op Piers Morgan Tonight, of een van die ander talk shows te verskyn, wat dan nog hopelik sal lei tot nog 'n ghost-written 'book', en so kan ek aangaan en aangaan.
So, vandaar my liefde vir al die domme fietsers wat hulleself so pynig, en so uitstyg en verhef tot iets wat hulleself nie eers kan identifiseer nie.

No comments:

Post a Comment