Die seewinde wat hondjiesrig
loop lê het (wetend),
in angs, van Hom,
het geruik aan sy asem.
Gillend word ongebore melodië
vasgekeer in die lig-lig atria
van komponiste se nou-defunkte
harmonie-harsings.
Psigopate tros saam na krummelende
kerke waar altare, lank reeds
deur P.C.'s verorber, is.
'n Lappieskomberskudde beweeg
stofloos, meedoënloos,
eekhorings, dom dassies,
wildevark en anakondas,
seekranse toe,
en stort,
verllg, 'n reënboogwaterval,
die asuurstilte binne.
Orals op die afwagtende vlaktes
verbruin grasse van onder,
voel zantedeschias die slu
vibrasies van sy bewegings,
dáár waar hy snuifend begin roer.
Met die laaste, verwronge aria
wat uitsukkel teen dle Met se
balkonde mure stuif vergulde
pleisterstukkies op oopgraf-gesigte.
Stadigswart kom riviere tot 'n
rillende stilstand, bewe hulle in
kronkelende, diep-V grafte,
en begin te stink.
Loeiende telefone spoeg morsemissies
uit wat rooi drup op
verlate lessenaars.
In 'n versterkde hok in 'n woestyntronk
begin die kraai kekkel en, wetend,
sy vlerke vlap.
Tevergeefs soek hulle na die
kwytskeldende swiep van
die duif.
Stede en bome wat in die verbrokkelende
aarde ingesuig word hoor dle
geruis van sy pels,
dlé wat nog beweeg sien die
droërige slym wat soos grashalms
op sy knoppende rug groei,
hoor die in -uit, in-uit van sy oerasem,
skuins-skuins kom hy uit die moeras,
'n lag en 'n belofte in elke hand.
No comments:
Post a Comment