‘Net die woorde van 'Stuur Groete aan Mannetjies Roux' kan die eensaamheid en nou-verstaan-ek-eers-my geboortelandinsigte van 'n uitgestote Afrikaner miskien verwoord - maar dis natuurlik nog erger, want terselfdertyd is daar ook die nare besef dat dit wat vir jou SA was, nie meer is nie en dat dit dan miskien alles net in jou geheue bestaan het, dat jou 'mooi memories' jou dalk 'n verwronge beeld verskaf het.En dat jy stadigaan, met veel pyn, SA kan herken as 'n verwarde (confused), brutale land in 'n nog brutaler kontinent, en as ek na die nuus oor suidelike Afrika kyk, bevolk deur nepotistiese brutale.
Soos ander van u bloggers dit ook ervaar het, moes ek hier in België kom leer wat familie is, wat werklike, nie geveinsde, eerlikheid is, wat die woord 'vriend' eintlik beteken, wat norme en waardes kan wees. Maar ek was gelukkig want ek kon deur familienavorsing my Europese roots tot in 1550 navors, dus is ek in murg en been Europees, watter invloed 'n kleine 200 jaar in Afrika ook mag hê, die Kaap was maar, en bly steeds, 'n tevergeefse poging om 'n wal te gooi teen die egte Afrikaheid van SA. Dis die grote waan van meeste wit mense in SA: die onsinnige droom dat hulle NIE in Afrika woon nie!’
No comments:
Post a Comment