My eerste werklike kennismaking met Vlaanderen was waarskynlik Hugo Claus se 'Het Verdiet van België', 'n meesterwerk wat, onregeverdiglik, nooit gelei het tot 'n Nobelprys nie.Dit was eers later dat ek geleer het dat die titel goed gekose was.
Dit is onherroeplik waar dat 'verdriet' inderdaad diep en breed ,oor en deur, die groen weiden en rooidakke van België vloei. As ek na Vlaamse musiek luister (bv http://www.youtube.com/watch?v=5SoAarIhFCA) hoor mens hoe knuffel-digby die verlange en verdriet in die skaduwee van elke Vlaming loop. En hulle (Vlaminge en Hollanders) is maar ook soos ons, in elk geval as ek moet oordeel na 'n beluistering van Stef Bos (ooit die mooie duo gehoor wat hy met Johannes Kerkorrel gedoen het?) se weergawe van 'Suikerbossie' - sekerlik die mees ingrypende, vertederende weergawe van daardie o-so-tipiese Afrikaanse liedjie- in elk geval is dit mooier dan enige weegawe wat ek ooit gehoor het, insluitend die van in my laerskooldae! Luister hoe weemoedig, hoe waar, hoe Afrikaans Stef Bos dit sing:http://www.youtube.com/watch?v=ffL9ePuZ4x0. Luister ook na sy weergawe van 'Hillbrow': http://www.youtube.com/watch?v=coDERRy9upU
En is dit anders met Afrikaners? Moeilik, nee gevaarlik, dus om jouself as voorbeeld te stel -maar as ek kyk na al die kommentare op die verskillende fora en webstekke is dit duidelik dat meeste expat Afrikaners ook soos ek voel- daarom sal ek dan maar probeer ons universiële verdrietmantel op my te neem in die volgende paar postings.
No comments:
Post a Comment