Saturday 14 May 2011

Hoop

Prut dit in die osoonborrels,
drome van ’n stoomfontein,
vanuit ’n tarot suite se rinkel-rinkel?

Lê dit in ’n uitgelekde oogkas
van vriend Koki,
tussen die savannes van my maagspiere,
of die Oppenheimer-splitsing se pers droom?

Dalk vanaf die gelapde lippe van ’n chanteuse
wat oberammergauerig in ’n venster
sit en snik-dut
of, daar waar die see so ribbes
maak op Strandfontein se strand?

Van waar?


No comments:

Post a Comment