Saturday 14 May 2011

Eensame Vrou, met geld, in manswinkel

Ses-en-twintig maande spaar sy al,
die geld, 
rol sy dit in haar Volkskasspaarrekening in, 
pensioen en disability alles saam,
elke maand die ri1poskantoorritueel;
(teer en liefdevol volbring)
stap sy Adderley en Burg af,
en op, en af-
amper asof : die-1ieven-Heer-dit gegee-het
vi r-haar-soos-Hy-beloof-het-in
haar-uit-Die-Beek,
en sien in Hepworths se platheid
sowaar die regte man:

jong snor, knus skouers, druiperige North Stars

"Nee, ek wi1 nou nie eintlik iets spesifieks koop nie,
nee, rêri g ni e, wi1 net...”(?)
kyk, hier’s R20.00
..ja, wi1 net (skaam) na jou kyk,
jou 1ippe sien dans onder jou snor,
nee, niks nie,
wi1 jy dan nie die geld hê nie (huiwering, palpitasie),
nie genoeg nie?
Ja, ek het R2813.76!” (trots)

Kan ek môre weer inkom,
Vanmiddag dan?
Kyk, as ek betaal mag ek mos maar elke dag inkom,
ek betaal mos?
Ja, vat maar die R20.00, vir 'n tip.

No comments:

Post a Comment